Oom Pieter se afskeid en aftrede

Oom Pieter se afskeid en aftrede
Author: Pieter Loubser    Date Published: 18 November 2016

Facebook Twitter Google +

Pieter Loubser, Bloemfontein (Vrydag 18 Nov 2016)

Vriende en Friesperdliefhebbers,

Dit is nie maklik om vandag hier voor julle op te tree nie. Die tyd om halt te roep is egter nou hier. Na al die bevoorregte jare om as raadslid van die genootskap te kan dien, het my gesondheid my uittrede genoodsaak.

Dit nie 'n maklike besluit nie en is vir my 'n emosionele oomblik. Ons rnoet egter positief bly en vorentoe kyk. Die ras en genootskap moet en sal voortgaan. Ek het die gerusstelling dat dit in die veilige hande van 'n jonger generasie is.

By hierdie geleentheid glo ek dit is gepas om net kortliks 'n terugblik te gee op rny pad met die Friesperd en die mense wat vir my 'n aansporlng was. My betrokkenheid by perde kom al van baie ver af - van my kinderdae toe ek 'n melkwa rnoes dryf wat deur perde getrek is. Meer as vyftig jaar gelede het ek egter my eie swart perde aangeskaf en van toe af het hierdie glansende gitswart diere deel van rny lewe en my passie geword.

Nog voordat die Fries inslag in ons land gevind het, was die mooi swart perde as VIaamperde bekend. Met hulle het ek begin skou vanaf vroeg in die sestigerjare. Teen 1974 het ek by die legendariese Ben Mostert van Moorreesburg begin hingste koop om mee te teel, en van toe af het die skougogga rny behoorlik begin byt.

Op skoue was ek bevoorreg om baie van die ou perdemeesters te leer; van gerespekteerde manne soos Oom Ben, die Broers Smit, Jan Eksteen (almal reeds heengegaan) maar ookk andere. Maar my eintlike mentor was wyle Lambert Srnith van die Agter-Paarl vir wie ek net die grootste bewondering gehad het.

Dit is vanjaar 31 jaar gelede dat ek genader is om as lid by die jong gestigte Friesperdtelersgenootskap van Suid Afrika in te skryf, 'n stap waaroor ek sedertdien vir geen oomblik spyt was nie. Daar was moeilike tye, maar met die genade van Bo kon ek die swart perd en hierdie genootskap altydeur na die beste van my vermoë probeer dien.

As 'n mens vir soveel jare as bestuurslid en ook president gedien het, het jy inderdaad baie goeie vriende en kamerade gemaak, maar moes jy uit die aard van die saak ook ongewilde besluite ter will van die ras en genootskap deurvoer. Gelukkig kon 'n mens die meeste van die geskille oplos.

Die feit dat ons genootskap deur die jare tot 'n trots vir ons almal gegroei het, is bewys daarvan dat ons tog iets reg doen. Kyk net na die verbetring van die gehalte van ons diere, die professionaliteit van ons skoue, die groei van ons tuigklasse... Ek is dankbaar dat ek hiertoe 'n bydra kon lewer.

By die geleentheid wil ek al die mede-raadslede en gewonde lede bedank wat oor al die jare 'n bron van inspirasie vir my was. Daar is te veel van hulle om op te noem. Ek kan egter nie nalaat om in hierdie verband aan 'n paar spesiale persone te dink nie.

Daar was wyle Uys Blom, Jannie Louw en Le Roux Botha. Dan ook sekretaresse van die genootskap wat hulle werk met ywer gedoen het: wyle Tienie Smuths en Johanna Smuts met wie ek 'n lang pad geloop het. Ook die personeel van die SA Stamboekvereniging - Dr Van Rooyen, Herman, Elna en Yvonne.

Dan is daar ook nog die goeie gesindheid van skougenootskappe wat my sal bybly. Dankie ook aan ons beoordelaars wat altyd bereid was om die mees ondankbare werk te verrig.

Terwyl ek waarskynlik nie weer 'n geleentheid soos hierdie sal kry nie, gun my ook om die mense nader aan my te bedank. Baie dankie aan my regterhand oor baie jare in die stalle en op skoue, naamlik Barend Croy, sy voorganger wyle Abraham Dawson en die ander helpers. Ook my seun Johan en kleinseun Pieter.

Ook vir Surita wat deur dik en dun by my gestaan en my met groot opofferinge onderskraag het. Sy was my groot motiveerder sodat ek steeds kon volhou, al moes ek seker enkele jare terug reeds uitgetree het.

Laastens, 'n spesiale woord van dank aan Le Roux Botha wat die genootskap se leisels by my kon oorneem. Onder my aansporing en sy betrokkenheid en entoesiasme kon die Friesperd meer as net 'n Bolandse trekperd word. Dit word nou as 'n veeldoelige perd tot in die verste uithoeke van die land vertroetel.

Vir almal van ons is daar 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. Dit is nou my beurt om finaal uit te span. Wees egter daarvan verseker dat ek die swart perd vir altyd sal koester. Ek hoop en glo dat die ras en die genootskap ook op die pad vorentoe van krag tot krag sal gaan.

Dankie,
Pieter Loubser

President Le Roux Botha oorhandig 'n oorkonde aan mnr PG Loubser (Snr) as Ere Lewenslange President

President Le Roux Botha oorhandig 'n oorkonde aan mnr PG Loubser (Snr) as Ere Lewenslange President

Mnr PG Loubser (Snr) saam met Elsa Liebenberg

Mnr PG Loubser (Snr) saam met Elsa Liebenberg

Visitors also viewed the following:

 
1. SA Friesperdteler Beste Ter Wêreld
Author: Farmer's Weekly    Date Published: 17 November 2015 2667
2. Merike se storie
Author: Wessel Basson    Date Published: 17 November 2015 2599
3. Friesian Horse Breeder's Society 2013 Journal
Author: Friesian Horse Breeders' Society    Date Published: 17 November 2015 2298
4. Friesperde wys hul passies
Author: Landbouweekblad    Date Published: 09 November 2018 1699


Article Index  Back to Top

© Copyright Friesian Horse Breeders Society 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Friesian Horse Breeders Society.