SA Friesperdteler Beste Ter Wêreld

Merike se storie
Author: Wessel Basson    Date Published: 17 November 2015

Facebook Twitter Google +

Aveleda Friesperd Stoet | Wessel Basson

 

Merike se Storie

 

Op 11-09-2012 begin Amerins fan Fjildsicht rond draai. En ons weet, nou is hier moeilikheid...

Sy is ses weke te vroeg!

Net een beentjie kom uit. Ek voel dat die een been en kop na agter gedraai is. Ek skakel die veearts. Maar omdat hulle so ver is, vat dit meer as ‘n uur om by ons uit te kom. En ek weet, as ons moet wag is die merrie en vul albei dood. Ek begin self om die vul reg te draai Na baie gestoei, maak die piep klein vulletjie haar verskyning. Toe die veearts opdaag, gee hy haar een kyk. Die veearts se prognose is nie goed nie. Sy sal dit nie deur die nag maak nie. Hy gee net aandag aan die merrie.

Maar ons weier om op te gee. Ons maak haar nat koue lyfie droog. Sy is te swak om om te staan. Elke half uur melk ons vir Amerins, en met baie geduld kry ons melkies met ‘n bottel in. Sy gee ‘n heese rinnikie, en ons weet, die pragtige dingetjie het veg-gees!

Die volgende dag is die veearts weer daar. En weereens bevestig die arts dat sy dit nie gaan maak nie. En indien wel, ons haar sal moet laat uitsit aangsien haar geboogde bene nooit sal reg kom nie en die kraakbeen van die kniee nie reg sal ontwikkel nie.

Ons bly vir haar melk ingee met ‘n bottel. Ons draai haar beentjies in verbande toe. Die beentjies is erg geboog. Ons sit ook infra-rooi ligte bo op haar vir hitte.

Na ‘n week is ons pootuit met die pajama-drill! Ons kontak ‘n veearts /professor –vriend oorsee oor haar bene en hy gee ons die raad om haar ‘n hoe dosis, 20cc Tetracecline stading binneaars in te spuit.

Omdat sy so vroeg gebore is, is haar ooglede nie ten volle ontwikkel nie en die onderste ooglit is ingevou . Ons sit vir haar ‘n paar steke in om hulle oop te hou.

‘n Wonderwerk gebeur: Met bietjie hulp, staan Merike self op en kan self drink! Sy is steeds swak en ons hou haar steeds in die stal.

Twee weke later aanskou ons met trane in ons oe hoe sy saam met mamma hardloop!

Sy het die ander vullens gou ingehaal. Haar bene het stadig maar seker reg gekom. Vandag, ‘n jaar later is sy ons top vul!

Ons kan met trots se: aanhouer wen! Sy is ‘n baie besonderse merrie en ons is positief dat sy ons nog baie vreugde gaan bring!

Visitors also viewed the following:

 
1. Oom Pieter se afskeid en aftrede
Author: Pieter Loubser    Date Published: 18 November 2016 2976
2. SA Friesperdteler Beste Ter Wêreld
Author: Farmer's Weekly    Date Published: 17 November 2015 2670
3. Friesian Horse Breeder's Society 2013 Journal
Author: Friesian Horse Breeders' Society    Date Published: 17 November 2015 2302
4. Friesperde wys hul passies
Author: Landbouweekblad    Date Published: 09 November 2018 1702


Article Index  Back to Top

© Copyright Friesian Horse Breeders Society 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Friesian Horse Breeders Society.