Friesian Horse & Wine Festival 2106

Friesian Horse & Wine Festival 2016
START DATE: 23 Mar 2016 - END DATE: 26 Mar 2016 - LOCATION: Afridom, Parys

Facebook Twitter Google +


Die tyd het aangebreek vir Horse & Wine Festival 2016!

Siende dat hierdie nou 'n jaarlikse instelling geword het, kan ons nie wag om te sien wat die gebeure van 2016 se skou gaan inhou nie. Ons doel om almal se menings en sienswyse te akkommodeer slaag aansienlik goed, maar kan nie gebeur sonder die ondersteuning van ons Stoete nie.

Daarom nooi ons julle vriendelik uit na nog 'n Horse & Wine Festival, die datum is gereserveer vir 23-26 Maart 2016, hierdie datum val weer in die skoolvakansie om deelname moontlik te maak vir ons skoolgaande deelnemers.

Kom geniet die Friesperd Ras op 'n kompeterende wyse by die stylvolle Afridome te Parys. Hierdie skou is gekenmerk vir sy onberispelike netheid en eenvormigheid van alle deelnemers, en ons glo dat almal ons asseblief weer sal help voortbou op hierdie naam. Ons weet dat hierdie skou nog 'n groter sukses gaan wees vanjaar!

Weereens baie dankie vir almal se opgewondenheid, en nou dat die skou op almal se lippe is, gaan ons net nog 'n groter span Friesperd Vriende werf!

Ons kan nie wag om al die ou gesigte weer te sien, asook nuwes te ontmoet nie!

Vriendelike Groete
Klaas en Carina Venter
ORGANISEERDERS

 

Losies is beskikbaar teen:

R 2 000 (sonder lugreeling)
R 2 500 (met lugreeling)
Hierdie bedrag is vir die volle tydperk van die skou!!

 

Baniere of Vaandels:

Elke stoet het die geleentheid om n Banier of Vaandel rondom die arena te hang om sodoende u stoet te adverteer hierdie Baniere of Vaandels mag groter as 1 meter by 1 meter wees wees en die hoeveelheid per stoet is onbeperk.
Pryse vir baniere en vaandels beloop teen R 300 per banier of vaandel per 1 meter. Indien u die baniere met perde foto's van die vorige skou weer wil vertoon, sal dit ook R300 per banier wees.

 

 



EVENT INDEX  UPCOMING EVENTS  BACK TO TOP

© Copyright Friesian Horse Breeders Society 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Friesian Horse Breeders Society.