Siende dat hierdie nou 'n jaarlikse instelling geword het, kan ons nie wag om te sien wat die gebeure van 2019 se skou gaan inhou nie. Ons doel om almal se menings en sienswyse te akkommodeer slaag aansienlik goed, maar kan nie gebeur sonder die ondersteuning van ons Stoete nie.
Daarom nooi ons julle vriendelik uit na nog 'n Horse & Wine Festival, die datum is gereserveer vir 20-23 Maart 2019, hierdie datum val weer in die skoolvakansie om deelname moontlik te maak vir ons skoolgaande deelnemers.
Kom geniet die Friesperd Ras op 'n kompeterende wyse by die stylvolle Afridome te Parys. Hierdie skou is gekenmerk vir sy onberispelike netheid en eenvormigheid van alle deelnemers, en ons glo dat almal ons asseblief weer sal help voortbou op hierdie naam.
Ons weet dat hierdie skou nog 'n groter sukses gaan wees vanjaar!
Weereens baie dankie vir almal se opgewondenheid, en nou dat die skou op almal se lippe is, gaan ons net nog n groter span Friesperd Vriende werf!
Ons kan nie wag om al die ou gesigte weer te sien, asook nuwes te ontmoet nie!
Vriendelike Groete
Klaas en Carina Venter
ORGANISEERDERS
Kontakbesonderhede:
Carina: 082 927 5634
Klaas: 082 870 2912
e-pos: kjcv@vodamail.co.za
# | Name | Description |
1. | Uitnodiging | *.pdf formaat |
2. | Afridome Stalplan | *.pdf formaat |
3. | Inskrywings | *.pdf formaat |