Hoëveld Fries Kampioenskap Skou

Hoëveld Fries Kampioenskap - Secunda Skou  GO BACK
START DATE: 30 Nov 2017 - END DATE: 02 Dec 2017 - LOCATION: Genade Vlakspruit Stoet Skouterrein


Aan alle eienaars, afrigters, vertoners en friesperd vriende;

Die Secunda Landbou Skoukomitee nooi julle hiermee hartlik uit om in te skryf vir ons komende ‘Hoëveld Fries kampioenskap skou’. Soos wat deur die vorige skou bewys is, beloof ons weer sterk kompeterende klasse met baie pryse en prysgelde. Die skou gaan elke keer van krag tot krag en geen moeite word ontsien om van die skou een van die bestes te maak en sal dit vir ons ‘n voorreg wees om julle almal vanjaar hier te sien.

Die skou word aangebied te Genade vlakspruit stoet skouterrein. (Google maps: C and f Rigging, Secunda) Die skou beloop oor ‘n tydperk van 3 dae en is dus ‘n baie groot en goeie geleentheid in die Secunda omgewing vir jou en jou perd, met hope steun van die gemeenskap en baie toeskouers wat gelok gaan word. Ook gaan ons ‘n lekker groot tent langs die arena hê waar ons perde vriende gesellig kan saamkuier en terselfdetyd die skouende perde kan dophou.

Vrydagaand om 19h00 nooi ons ook al die vertoners, uitstallers, afrigters, eienaars en borge om saam te kuier by ‘n heerlike gratis braai en geselligheid, met die komplimente van die Skoukomitee (‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees). Julle kan weereens verseker wees van ons gasvryheid.

Ons sien uit om julle op Genade Vlakspruit Stoet skouterrein te ontvang - kom ons maak dit ‘n skou om vir altyd te onthou!

Groete vanaf die skoukomitee.

Vir enige navrae: Gert Kuhn - 082 084 6921 / Gert Kotze - 082 496 5295 / Tanya Prinsloo - 083 784 2464 / Ilse Kotze - 072 468 4109;

Let asseblief op, die inskrywingvorms is op ons webtuiste beskikbaar http://www.skou.co.za of ons kan dit vir julle per epos aanstuur.

DOCUMENTS TO DOWNLOAD

# Name Description
1. Secunda Skou Hoëveld Fries Kampioenskappe Inskrywingsvorm
2. Secunda Skou Fries Kampioenskap Uitnodiging
  Left click the document name to view the document or Right click the document name and Select Save Target as... to download the document to your computer.



EVENT INDEX  PAST EVENTS  BACK TO TOP

© Friesian Horse Breeders Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Friesian Horse Breeders Society.